Your Recipe Blog

SPEK EN EIERPASTEI

by Your Recipe Blog

Posted by
Cook: 35 - 40 minute

SPEK EN EIERPASTEI

Ek het vandag ‘n baie baie gewilde resep in NZ gemaak vir middagete…spek en eierpastei (bacon & egg pie). Hier kan jy dit orals koop en soos met alle goeie resepte is daar baie variasies, en almal glo hulle familie resep is die beste! Aangesien ek nie ‘n familie resep het nie, hou ek dit eenvoudig en plein, maar jy kan byvoeg net wat jy wil. Die pastei is op sy lekkerste by kamertemperatuur, maar selfs koud sal ek nie daarvoor nee sê nie. Gewoonlik word die pastei met skilferkors gemaak, maar as jy diabeties/keto eet, werk die “fathead” deeg perfek (dit is deeg wat ek in die foto gemaak het). Die pastei word gewoonlik ook in reghoekige bak gebak (omtrent nooit in ‘n ronde bak nie)-so dis hoe ek myne gemaak het. Heerlik vir padkos of piekniek.

  • 1 rol skilferskorsdeeg (broskors sal ook werk)
  • 8 breë repe rou rugspek (back bacon), enige swoerd afgesny
  • 8-10 eiers
  • sout en peper na smaak
  • 2 teelepels mayonnaise of ‘n geklitste eier vir verf
Voer ‘n 35 x 22 cm bak (ek het n weggooibare foeliebak gebruik) wat gespuit is of met olie geverf is uit met deeg. Hou genoeg oor om die pastei te bedek. Plaas 4 skywe spek op die bodem, en breek dan versigtig die eiers bo-op. Probeer die gele eweredig versprei.
Sprinkel sout en peper bo-oor en plaas die oorblywende 4 repe spek bo-op die eiers.
Bedek die vulsel met die oorblywende deeg, verf die deeg met die mayonnaise of geklitste eier en bak 35-40 minute by 200°C tot goudbruin. Laat afkoel, sny en bedien.
Foto en resep: Ilze Jacobs
Share this article...
Share on Facebook
Facebook
0Pin on Pinterest
Pinterest
0Tweet about this on Twitter
Twitter
Share on LinkedIn
Linkedin

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5