Your Recipe Blog

SPAANSE HOENDERGEREG

Recipe by
Cook: 90 minute | Servings: ongeveer 6 porsies

SPAANSE HOENDERGEREG

  • 4 aartappels, in skywe gesny
  • 1 ui, geskil en in skywe gesny
  • 4 wortels, in skywe gesny
  • 10 – 12 hoender boudjies
  • 1 pakkie groentesoppoeier
  • ½ pakkie uiesoppoeier
  • 700 ml water
  • 70 ml mayonnaise
  • 70 ml blatjang
  • 70 ml tamatiesous
  • 2 eetlepels vars pietersielie, gekap
  • sout en peper na smaak

In ‘n groot gesmeerde oondbak, pak die aartappelskywe onder, dan die ui bo-op en die wortelskywe heel bo.
Plaas hoender boudjies bo-op die groente.
Meng die res van die bestanddele saam en giet bo-oor die hoender.
Bak toe vir 1 ½ uur en dan oop vir 15 minute by 200˚C.

Nota:
Eet saam met rys vir die sous en ‘n groen groente.

Foto 2:
Spaanse hoendergereg vanaand. Ek het sommer 1 koppie rou rys onder in die bak gesit vir ‘n hele oondbak ete en het nog 1 koppie ekstra water bygevoeg. Baie lekker op ‘n koue wintersaand, veral as mens ‘n bietjie ekstra “comfort” nodig het.

Resep en foto’s: Ilze Garbers Jacobs

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5