Your Recipe Blog

SONJA SE KNOFFEL-ROOMAARTAPPELS

SONJA SE KNOFFEL-ROOMAARTAPPELS

Hierdie resep het ek jare gelede by my man se nig gekry. My man en seun eet glad nie mayonnaise nie. Dus maak ek dié gereg gereeld.
  • 6 medium aartappels
  • 2 medium uie, geskil en gekap
  • 2 eetlepels botter
  • 1 medium groen/rooi/geel soetrissie
  • 2 koppies gerasperde kaas (Cheddar, Gouda of wit Cheddar)
  • 500 g Clover vars room
  • sout en peper, groente speserye
  • knoffelvlokkies
  • tamatie skywe vir bo-op (laat dit uit as jy dit nie wil op hê nie)

Skil aartappels en sny in kwarte, voeg 1 teelepel sout by en kook tot gaar, nie pap. Dreineer.
Verhit botter in ‘n pan en voeg uie by, braai vir 2 minute, voeg soetrissie by en braai verder tot deurskynend.
Voeg sout en peper volgens smaak en speserye by, roer en kook deur. Haal van stoofplaat af.
Skep aartappels in ‘n oondvaste bak.
Breek effens met ‘n vurk sodat die blokkies kleiner is.
Strooi knoffelvlokkies oor, gevolg met uie en soetrissie.
Klits room met ‘n vurk en gooi oor aartappels.
Strooi gerasperde kaas oor. (Myne was bietjie min, pan was groot)
Pak tamatie skywe bo-op.
Bak in voorverhitte oond by 180ºC tot die kaas ligbruin is en die meeste room weggebak is, dit moenie te lank bak nie, die gereg kan droog raak.
Bedien saam met braaivleis en mengelslaai of selfs roosterkoek.
Variasies: jy kan opgekapte knopie sampioene, spek in blokkies gesny saam met die uie braai.

Resep en foto:  Louise Hollenbach

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5