Your Recipe Blog

SOMARIE SE ROLY POLY

SOMARIE SE ROLY POLY

  • 2 koppies koekmeel
  • 2 teelepels bakpoeier
  • 2 eiers
  • knippie sout
  • ½ koppie botter

Vryf botter meel en bakpoeier saam.
Meng met geklitste eiers en ¼ koppie melk.
Rol uit, nie te dik nie. Smeer appelkooskonfyt oor (homemade appelkooskonfyt is soveel lekkerder).
Rol op soos Swiss Roll.

  • Maak sous van:
  • 2 koppies suiker
  • 3 koppies water
  • 1 teelepel vanilla
  • 2 eetlepels botter

Kook die sousbestanddele saam tot die suiker opgelos is, giet die sous in ‘n bakskottel.
Sny die deeg in wielietjies en pak in die sous styf teen mekaar.
Bak in oond by 180º C tot goudbruin en gaar.
Bedien warm of koud met vla.

Foto en resep geplaas: Karien Bronkhorst

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5