Your Recipe Blog

SOETSUUR VARKPOTJIE MET PLATBROOD

Recipe by
Cook: +- 2 ure | Servings: 4 - 6 porsies

SOETSUUR VARKPOTJIE MET PLATBROOD

Ek het hierdie lekker varkpotjie gemaak met ‘n marinade van Martie Fourie Moolman wat ek vanaf die blog gekry en die res van die resep net aangepas het.

  • olie vir braai
  • 3 uie, opgesny
  • 2 knoffel toontjies, opgekap
  • 1 kg pak “stirfry” groente
  • 1 pak spek, in blokkies gesny
  • 1.5 kg vark stowevleis
  • Martie se marinade:
  • 300 ml tamatiesous
  • 150 ml blatjang
  • 150 ml heuning
  • sout en peper
  • 10 ml paprika
  • 25 ml Worcestersous
  • 25 ml sojasous
  • 10 ml mosterd
  • 100 ml asyn
  • 100 ml appelkooskonfyt (ek het druiwekonfyt gebruik)
  • 100 ml bruinsuiker
  • 1 ml Tabasco

Braai die ui tot bruin in ‘n bietjie olie in die swartpot op die vuur, voeg die groente en knoffel by en braai dit vinnig tot gaar maar nog ferm. Skep die groente en uie uit en hou eenkant.
Braai die spek in dieselfde pot tot gaar, skep uit en hou eenkant.
Voeg al die bestanddele vir die marinade in ‘n mengbak en meng goed deur.
Giet die marinade in die warm pot en wanneer dit begin kook, voeg die varkvleis in die marinade, plaas die deksel op die pot en kook die vleis en marinade stadig vir 1 tot 1 ½ uur.
Wanneer die vleis sag is, voeg die groente en spek by die soetsuur vark en roer deur.
Laat die potjie prut vir ‘n verdere 15 – 20 minute totdat al die bestanddele deurwarm is.
Ons het dit geniet met platbrood.

Nota:
Ek het nie al die marinade gebruik nie, daar het ongeveer 300 ml oorgebly, wat ek in die yskas hou totdat ek dit weer benodig.

Platbrood:
1 sak winkeldeeg

Vorm die deeg in golfbal grootte bolle. Op ‘n meelbestrooide oppervlak rol die deeg bolle plat met ‘n koekroller.
Braai die plat deeg in ‘n warm pan wat met olie gesmeer is op die stoof vir 2 – 3 minute aan ‘n kant tot gaar.
Plaas ‘n brooddoek in ‘n bord, plaas die brode op die doek en draai dit toe en plaas die bedekte brode eenkant tot benodig.

Resep en foto’s: Marlene Potgieter
Foto 4: Marlene Potgieter
Ek het dieselfde marinade gebruik en oor hoenderboudjies gegiet, gebak by 180ºC vir +- 45 min en die boudjies halfpad deur die baktyd omgedraai. Het heerlik gesmaak.

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5