Your Recipe Blog

SOETGENOT – SAGTE VANILLAKOEKIES

Cook: 20 - 30 minute

SOETGENOT – SAGTE VANILLAKOEKIES

Dis my eie resep wat ek getoets het en dis heerlik. Maklik en goedkoop.

  • 500 g Gordon Blue margarien
  • 250 ml kookwater
  • 500 g strooisuiker
  • ¼ koppie bruinsuiker
  • 1 eetlepel vanilla geursel
  • ± 5 koppies bruismeel

Voeg die kookwater en margarien in ‘n beker of mengbak en roer totdat die margarien gesmelt is.
Meng die strooisuiker en bruinsuiker en voeg dit by die water- en margarienmengsel en roer deur.
Voeg die vanilla by die mengsel en roer.
Voeg die meel by die suiker- en watermengsel en meng todat ‘n taaierige koekiedeeg vorm.
Rol die deeg in balletjies en plaas dit ongeveer 10 cm uitmekaar in ‘n voorbereide bakplaat.
Bak die koekies in ‘n voorafverhitte oond teen 200ºC vir ongeveer 20 – 30 minute (afhangende van die oond).
Wanneer die koekies uit die oond verwyder word sal dit nog sag voel.
Laat die koekies afkoel en plaas dit in ‘n houer wat goed seel. Die koekies bly lekker sag.

Notas:
Elsie Bam: Raad om koekies sag te maak:
Plaas ‘n snytjie wit brood in die houer waarin die koekies gebêre word, dit word heerlik sag. Vervang die snytjie so elke 2de dag.

Rina Kleinhans:
Baking cookies quickly in a hot oven at 190ºC as opposed to a lower temperature will make for soft results. They’ll bake fast instead of sitting and drying out in the oven’s hot air. Ever so slightly underbaking your cookies will give you softer results than cooking them the full amount the recipe says.
Wanneer die koekies verpak saam met koekies wat vulsel in het, is die koekies ook sagter. Maar soos hier bo aangedui, bak die koekies vir korter en teen ‘n hoër hitte, en sorg dat jy regte botter of volvet margarien en volvet melk gebruik waar nodig.

Resep en foto: Carmen Viljoen

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5