Your Recipe Blog

SOET KOEKIES MET “ACTI-WHITE ROYAL ICING”

by Your Recipe Blog

Posted by
Cook: 10 minute | Servings: 35 koekies

SOET KOEKIE RESEP MET “ACTI-WHITE ROYAL ICING”

Maak ongeveer 35 koekies ( hang af hoe groot jou drukker is)

  • 200 gram margarien of botter ( Ek het Stork bake gebruik)
  • 200 gram strooisuiker
  • 1 groot eier
  • 5 ml vanilla geursel
  • 400 gram koekmeel

Voorverhit oond tot op 180 ºC.
Klits botter, suiker, vanilla geursel en eier saam tot romerig.
Voeg meel by en meng tot deeg ‘n bal vorm.
Haal uit menger en draai toe in kleefpapier.
Laat rus vir ongeveer 1 uur.
Rol die deeg uit, druk uit met koekiedrukker van jou keuse en bak vir 10 min.
Laat afkoel en versier met royal icing.

  • ROYAL ICING MET ACTIWHITE
  • 75 ml kraan water
  • 2 teelepels actiwhite
  • 4 koppies fyn gesifte versiersuiker
  • ekstra kraan water

Meng die 75 ml kraan water met die Actiwhite en laat staan vir 15 minute.
Voeg die fyn gesifte versiersuiker by.
Klits met “K beater” van jou menger op nommer 4 vir 5-7 minute.
Voeg teelepel gewys klein bietjie water by indien te styf.
Versier koekies soos verkies.

Versiersel resep geplaas deur Jacqui Van Zyl Hodgkinson
Foto en resep van koekies met royal icing:  Juanita Vermeulen

 

 

Share this article...
Share on Facebook
Facebook
0Pin on Pinterest
Pinterest
0Tweet about this on Twitter
Twitter
Share on LinkedIn
Linkedin

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5