Your Recipe Blog

SMOUSKOS (RYS-VLEIS-AARTAPPELS)

Recipe by
| Servings: 2 persone

SMOUSKOS (RYS-VLEIS-AARTAPPELS)

Ek het vandag trooskos gemaak, geen souse, speserye of fieterjasies nie, net sout en peper. Wanneer ek na my ma verlang, sit ek so pot kos op. Dis nou “huiskos trooskos”

  • 800 g – 1 kg vet skaap kookvleis
  • 500 ml kookwater of meer indien nodig
  • 1 ui, opgesny in skywe
  • 1 medium aartappel, in kwarte gesny
  • 250 g rou rys
  • sout en peper, na smaak

Plaas die vleis, ui en 500 ml kookwater in ‘n medium dikboom kastrol, sit die deksel op en bring tot kookpunt. (Die vleis moet in ‘n enkellaag lê en daar moet genoeg spasie wees om die aartappels ook by te voeg alles in ‘n enkel laag.)
Draai die hitte na medium en kook totdat die vleis sag en van die been afval. Vul die water aan indien nodig.
Voeg die aartappels, sout en peper by. (voeg genoeg sout by, hou in gedagte dat die rys ook nog bygevoeg word)
Plaas weer die deksel op en prut vir ongeveer 10 minute.
Voeg die rys in die oop holtes tussen die vleis en die aartappel by, indien nodig kan nog ‘n bietjie kookwater bygevoeg word vir die rys.
Plaas die deksel op en stoom  op lae hitte totdat die rys gaar is en al die vog geabsorbeer is.
Verlaag die hitte en laat die gereg, met die deksel op, prut tot die rys op die bodem so liggies begin braai, moenie roer nie.
Wanneer die rys ‘n lekker lagie gebraai is onder in die pot, kan jy liggies roer om nie die aartappel te breek nie, maar net die gebraaide rys deur die gereg te meng.
Bedien met enige groente van jou keuse, ek bedien dit soms met pampoen of beet, maar eet dit meestal net so. Geniet dit.

Resep en foto: Marlene Potgieter
Foto 2: Maurita Truter

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5