SLAPDEEG VETKOEK
“Moenie die eiers vergeet nie. Die vetkoeke is dan hard en swaar en word baie donker – links op die foto is sonder die eier.”
- 4 koppies koekmeel of bruismeel
- 4 teelepels bakpoeier (los uit as bruismeel gebruik)
- 1 teelepel sout
- 4 eetlepels suiker
- 2 eiers
- 2½ koppies melk
- olie, om in te braai
Sif droë bestanddele saam. Klits twee koppies melk en eiers saam. Hou ½ koppie melk vir later. Meng meel en eier met mekaar. Drup en meng bietjie vir bietjie van ½ koppie melk by tot ‘n slap deeg.
Dit moet ‘n slap deeg wees – tussen koekdeeg en pannekoekdeeg.
Skep lepelsvol in warm kookolie en diepbraai tot gaar.
Resep en foto: Amanda Scholtz Mostert