Your Recipe Blog

SJOKOLADE KOLWYNTJIES

Recipe by
Cook: 15 - 20 minute | Servings: 6 sjokolade kolwyntjies

SJOKOLADE KOLWYNTJIES

  • 25 ml witsuiker
  • 125 ml koekmeel
  • 60 ml kakao
  • 2.5 ml bakpoeier
  • 1.25 ml koeksoda
  • knippie sout
  • 1 groot eier
  • 45 ml melk
  • 30 ml kookolie
  • 2.5 ml vanielje geursel
  • 60 ml warm water gemeng met 10 ml kitskoffie korrels

Voer 6 muffin holtes met papierhouertjies.
Meng alle droë bestanddele in ‘n bak. Meng eier, melk, vanielje en kookolie in aparte bak. Voeg by droë bestanddele en klop vir so 2 minute tot goed gemeng.
Voeg warm koffie by en klop tot net gemeng.
Skep in papierhouertjies en bak 15 – 20 minute op 170°C tot net gaar.

Versier soos verkies. Ek het ‘n klein hoeveelheid sjokolade versiersel gemaak. Het niks afgemeet nie, so ek kan nie die resep gee nie. Het slegs margarien, versiersuiker, kakao en vanielje geursel met bietjie melk gemeng.

Resep en foto: Elaine Steyn Steyn

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5