Your Recipe Blog

SJOKOLADE ECLAIRS (POFFERS)

Avatar photo
Recipe by
Cook: 45 minute + 10 minute | Servings: 16 eclairs

SJOKOLADE ECLAIRS (POFFERS)

  • Basiese deeg: 
  • 1 koppie kookwater
  • ½ koppie botter
  • ¼ teelepel sout
  • 1 koppie gesifte koekmeel
  • 4 eiers

Verhit oond tot 190°C.  Giet die water  in ‘n kastrol, voeg die botter en sout by en verhit totdat dit net-net kook.
Voeg die koekmeel by (alles gelyk).
Klop die mengsel dan oor lae hitte totdat dit los kan van die rande van die kastrol en ‘n bol vorm.
Haal die kastrol van die stoof af en klop die deeg nog 2 minute.
Voeg nou die ongeklitste eiers een vir een by en klop baie deeglik na elke byvoeging.
Skep opgehoopte eetlepels vol van die deeg op ‘n ongesmeerde bakplaat (omtrent 6 duim uitmekaar).
Vorm elke bol degie langwerpig of spuit deeg deur ‘n groot versierbuis.
Bak die eclairs omtrent 45 minute by 190°C.
Haal uit oond, sny dadelik ‘n klein spleetjie in elke eclair.
Plaas die pan terug en bak nog vir 10 min.  Haal uit.
Sny die eclairs in helftes (nie heeltemal nie, maar sodat die boonste helfte ‘n deksel vorm) en vul met slagroom of sjokolademengsel.

Nota:
Ons het sjokoladepoeding gebruik wat van ‘n pakkie poedingpoeier aangemaak is. Versier die eclairs dan met sjokoladeversiersel.

  • Sjokoladeversiersel:
  • 2 blokke onversoete sjokolade (58 g)
  • 2 eetlepels botter
  • 4 eetlepels warm water
  • 1 ½ koppie gesifte versiersuiker

Smelt die onversoete sjokolade (58 g)  en botter in die warm water in die bo-deel van ‘n dubbele kastrol oor warm water.  Haal van die stoof af en roer die gesifte versiersuiker daarby.
Skep oor eclairs en laat styf word.

Resep:  Carin Ras Wilson
Foto: Cheryl Ann Maggott Ross
2de foto:  Suenell Liebenberg

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5