Your Recipe Blog

SJOKOLADE BESKUITJIES SONDER VERSIERSUIKER

Recipe by
| Servings: 15 blokkies

SJOKOLADE BESKUITJIES SONDER VERSIERSUIKER

Hierdie resep is nou getoets en het geslaag! Dit is vreeslik lekker.
Ek het Stork margarien ( Country spread) gebruik. Ek sal die resep volgende keer dubbel aanmaak, want een bak is nie genoeg nie 😉

  • 2 eetlepels botter, nie gesout
  • 1 blikkie kondensmelk
  • 250 g Marie beskuitjies
  • ½ koppie kakao, nie versoet nie

Smeer ‘n bak goed uit met botter.
Breek die beskuitjies in kleiner stukkies.
Smelt die botter in ‘n groot pot op lae hitte.
Voeg die kondensmelk en kakao by die botter en meng deur tot goed gemeng.
Laat die mengsel kook vir 3 minute op lae hitte.
Meng die gebreekte beskuitjies in by die mengsel.
Roer goed deur tot alle beskuitjies bedek is met die sjokolade stroop.
Keer uit in gespuite glasbak en druk vas.
Plaas in yskas vir 2 ure en sny dan in blokkies.

Resep geplaas deur Natania Malan
Photo:  Natania Malan

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5