Your Recipe Blog

SALIGE DADELPOEDING IN KASTROL

by Your Recipe Blog

Rina Kleinhans
Posted by
Cook: 15 - 20 minute | Servings: 6 - 8

SALIGE DADELPOEDING IN KASTROL

Dadel poeding wat mens ini pot gaar kook, net soos my ouma altyd gemaak het toe ons nog kinders was.
Die beslag lyk min, maar mens kan maklik 8 porsies uitkry as dit gaar is.

  • Beslag:
  • 3 koppies koekmeel, gesif
  • 1 teelepel fyn gemmer
  • 3 eetlepels gouestroop
  • 7 ml koeksoda
  • 250 ml fyngesnyde dadels
  • 250 g margarine
  • 5 ml kaneel
  • 10 ml Karamelgeursel
  • 5 ml sout
  • 250 ml kookwater
  • Stroop:
  • 6 koppies water
  • 1 eetlepel bruinasyn
  • 3 koppie bruinsuiker
  • 10 ml fyn lemoenskil

Vryf botter in meel in, voeg gemmer en kaneel by. Meng koeksoda met kookwater.
Voeg dadels en gouestroop hier by by die koeksodamengsel.
Meng goed, voeg by meelmengsel, roer deur.
Maak stroop in ‘n redelike groot kastrol, laat vinning kook, voeg lepelsvol beslag in kokende stroop, sit deksel dadelik op en kook oor lae hitte, met deksel op, 15 tot 20 minute. Moet glad nie die deksel oplig in hierdie tyd nie.
Bedien met dun vla en klapper.

Resep geplaas deur Floraine Wasserman Venter
Foto: Naomi van der Hyde

Share this article...
Share on Facebook
Facebook
0Pin on Pinterest
Pinterest
0Tweet about this on Twitter
Twitter
Share on LinkedIn
Linkedin

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5