Your Recipe Blog

SAGO-SOUSKLUITJIES

SAGO-SOUSKLUITJIES

  • 750 ml melk
  • 1 ml sout
  • 75 ml sago
  • 75 g botter
  • 50 ml suiker
  • 50 ml mielieblom
  • 4 groot eiers, geskei
  • kaneelsuiker en neutmuskaat
  • klapper

Verhit melk en sout tot kookpunt. Voeg sago en 60 ml botter by. Kook oor lae hitte tot sag en deurskynend.
Meng res van die melk, suiker, mielieblom en eiergele tot gladde pasta. Roer klein bietjie van die sagomengsel hierby, roer hierdie mengsel dan vinnig by die res van die sagomengsel.
Kook oor lae hitte tot gaar.

Klits eierwitte styf, vou liggies by sagopap in met ‘n lepel. Smelt oorblywende botter, strooi kaneelsuiker in warm opdienbak met bietjie klapper, doop lepel in warm botter en skep lepelsvol deeg in die bak, strooi nog kaneelsuiker oor en plaas ekstra klontjies botter bo-op. Rond af met strooisel klapper en dien warm op met tuisgemaakte vla en lemmetjiesap.
Die kluitjies kan ook in mikrogolfoond gemaak word, sodoende sal dit nie aanbrand.
ENJOY!

Resep en foto:  Floraine Wasserman Venter

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5