Your Recipe Blog

RUMP STEAK MET RISSIE ROOMKAAS SOUS

RUMP STEAK MET RISSIE ROOMKAAS SOUS

  • 350 – 500 g rump steak met sout gesmeer
  • 60 ml olie
  • 60 ml botter
  • 2 teelepels knoffel
  • kale blare
  • 2 – 4 wortels

Verhit olie en braai steak 5 minute aan albei kante (afhangend hoe dik vleis is) plaas botter en knoffel in pan en hou aan die botter sous oor vleis te gooi terwyl in pan vir nog so 1 – 2 minute.

Diep braai kale blare in olie so 1 minuut (waarskuwing: plaas deksel dadelik op want die olie spat)
Skil wortel en kook op tot sag en plaas in pan met suiker en botter en glasuur dit vir so 2 minute.

  • Sous:
  • 3 eetleepels soet rissie room kaas
  • 3 rooi rissies, ontpit en fyn gekap en in pan gebraai met 60 ml water, 30 ml olie, 5 ml asyn asook 3 eetlepels suiker

Kook dit saam totdat dit lekker gesels en plaas dan room kaas in, haal af van plaat en roer room kaas sodat dit goed gemeng is.

Sny steak in skywe en plaas op kale blare.
Gooi bietjie van botter sous oor en dan die rissie sous daar oor.
Sny wortels in skuins skywe en plaas op bord in vorm van wortel.
Bedien met groen slaai.

Foto en resep: Walter Bender

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5