Your Recipe Blog

ROOMSKONS MET VARIASIE

ROOMSKONS MET VARIASIE

  • 3.5 koppies bruismeel
  • 1 teelepels sout
  • 1 koppie room
  • 1 koppie Lemonade / Sprite
  • 2 eetlepels suiker

Meng  al die bestanddele liggies saam, tot net gemeng, moenie oormeng nie.
Rol so 1,5 cm dikte uit op meel bestrooide oppervlak. Druk af en pak op voorbereide bakplaat.
Bak op 200°C vir 12 minute afhangende van die grote van die skons.
Toets vir gaarheid voor jy uithaal, as dit groot skons is, kan dit tot 20 min bak, hang af van die oond.

Wenk vir die skons:
As jy nie Lemonade of Sprite het nie, kan jy Sodawater ook gebruik.
Voeg net 2 eetlepels suiker by. Werk net so goed.

Nota:
As die deeg te klam is sit nog bietjie meel by dat dit ‘n lekker stewige deeg is. Moenie te veel meng en hanteer nie.

Variasie:  Rina Kleinhans
Ek gebruik ook 3.5 koppies koekmeel en 4.5 teelepels bakpoeier in die plek van die bruismeel.
Die skons is hierdie foto ek het net 1.5 koppies nutty wheat, 2 koppies koekmeel en 4.5 teelepels bakpoeier en 15 ml asyn gebruik. Die lekkerste skons regtig vir my.

Resep en foto: Amanda Struwig
Tweede foto: Alta Gunter van Dyk
Derde foto:  Rina Kleinhans

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5