Your Recipe Blog

RISSIE “WOESTE” SOUS

Recipe by
Cook: 2 - 3 ure | Servings: Lewer ongeveer 6 x 250 ml botteltjies

RISSIE “WOESTE” SOUS

Hierdie is my weergawe van ‘n tuisgemaakte Worcestershire Sous.

  • 500 g groen appels (Granny Smith), geskil, pitte verwyder en opgesny
  • 150 g strooisuiker
  • 40 g vars knoffiel, geskil en opgesny
  • 20 g vars gemmer, geskil en opgesny
  • 8 groot rissies, sny in die lengte deur
  • 1 teelepel heel naeltjies
  • 1 teelepel swart peperkorrels
  • 1 teelepel rooipeper
  • 20 g sout
  • 2 liter bruinasyn
  • 330 g Treacle suiker

Voeg al die bestanddele, behalwe die treacle suiker, in ‘n groot kastrol met ‘n deksel.
Bring tot kookpunt en verminder hitte tot laag.
Prut die sous vir ongeveer 2 ure en roer so elke 30 minute.
Verwyder van die stoof en meng met ‘n staafmenger sodat al die bestanddele fyn is.
Die sous is baie warm, wees dus versigtig met die staafmenger.
Giet die sous deur ‘n sif in ‘n aparte bak en werk al die stukkies met ‘n lepel deur die sif.
Skraap die dik sous aan die onderkant van die sif ook af terug in die bak.
Plaas die sous terug in die kastrol en voeg die treacle suiker by die sous.
Bring tot kookpunt en kook op hoog vir ongeveer 10 minute.
Roer dikwels om te keer dat die sous aanbrand.
Laat bietjie afkoel en bottel in gesteriliseerde glasbottels.
Bêre die sous vir minstens 3 weke vir die geure om te ontwikkel.

Nota:
Die sous kan vir ongeveer 12 maande in ‘n donker plek geberg word.
Dit is effens dikker as Worcestersous – amper soos ‘n sojasous.
Bêre in die yskas wanneer dit oopgemaak is.

Resep en foto: Bernadene Daniell Prinsloo

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5