Your Recipe Blog

RINIE SE MACARONI EN KAAS

Recipe by
Cook: 30 - 50 minute

RINIE SE MACARONI EN KAAS

Ek wil graag hierdie lekker macaroni en kaas resep met julle deel. Vroulief het dit aanmekaar geslaan vir aandete vanaand.

  • 250 g macaroni, gekook tot gaar
  • 1 pakkie “bacon bits”
  • 1 medium ui, gekerf
  • 500 ml melk
  • 1 teelepel rissievlokkies
  • 1 teelepel “Italian herbs”
  • 1 teelepel knoffelvlokkies
  • 450 ml gerasperde kaas (hou ‘n kwart terug)
  • 150 ml broodkrummels
  • 300 ml room
  • 4 eiers, geklits

Braai die spekstukkies en uie saam vir ‘n rukkie.
Plaas die gaar macaroni in ‘n oondvaste bak (200 x 300 mm), volg met ‘n laag kaas, daarna die spek en uie.
Meng die vloeistowwe, eiers en speserye en giet dit bo-oor die inhoud van die bak.
Bak vir 30 min op 180°C.
Strooi die krummels en res van die kaas bo-oor en verbruin effens.
Dit is djeeeeerlik!

Resep: Rinie Louw
Foto: Gideon Louw

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5