Your Recipe Blog

RINIE SE KERRIEHOENDER IN DIE OOND

Recipe by
Cook: 1 uur

RINIE SE KERRIEHOENDER IN DIE OOND

Vanaand op die menju was die heerlike sappige en plomp hoener boude en vlerkies wat vroulief voorberei het. Dit het ook die smaak van ‘n titseltjie kerrie en was tog te lekker.

  • 13 hoenderboudjies en vlerkies afgespoel en laat lê op handdoekpapier
  • 1 pk sampioenroomsoppoeier
  • 60 ml koekmeel
  • knippie rooipeper
  • 15 ml kerriepoeier
  • ½ teelepel swartpeper gemaal
  • sout na smaak

Meng die droë bestanddele in ‘n plastieksakkie. Skud die hoenderstukkies een vir een in die droëmengsel.
Pak die stukkies in ‘n gesmeerde oondvaste bak en bedek met foelie.
Bak in ‘n voorverhitte oond 180°C vir een uur.
Verwyder die foelie en grill vir paar minute tot ‘n lekker krakerige korsie gevorm is.

Resep: Rinie Louw
Foto: Gideon Louw

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5