Your Recipe Blog

RICE KRISPIES BEDERF KOEK

by Your Recipe Blog

RICE KRISPIES BEDERF KOEK

  • 3 groot eetlepels margerien (1 eetlepel per laag)
  • 12 koppies Rice Krispies (4 koppies per layer)
  • 3 verskillende geure Malvalekkers 150 g pakke (1 pak per laag)

Smelt die margerien in ‘n pot op die stoof. Sit een pak Malvalekkers by en roer aanhoudend tot gesmelt is. (Dit brand baie vinnig vas)
Haal van stoof af en meng 4 koppies Rice Krispies by en meng goed deur.
Druk die mengsel vas op die bodem van ‘n losboom koekpan wat gespuit is en druk mooi vas.

Volg die boonste stappe vir die ander twee lae.
Los die koek om te stol vir so halfuur.
Haal die koek uit die pan en sit op bord.

Wenk:
Gebruik ‘n koekpan waarvan die kante los knip. Gebruik ‘n lepel wat jy in kookwater druk om die rice krispies mooi vas te druk.
Die warm water maak dit makliker om die mengsel te beheer.

  • Versiersuiker:
  • 1 koppie versiersuiker
  • 2 eetlepels Maizena
  • 2 eetlepels suurlemoen sap
  • 2 eetlepels melk

Roer alles mooi saam en gooi oor die koek. Indien jy nog nodig het kan jy net weer aanmaak. Ek het 3 keer aangemaak vir my koek.
Versier met sprinkles en mini Malvalekkers
ENJOY!!!!!

Foto en resep: Malanie Tolmay

Nota Annatjie Heydenrych:
As ‘n mens bak papier bo-op plaas is dit vrek maklik om die mengsel te beheer en plat en gelyk en styf vas te druk, want dit sit nie vas aan die bakpapier nie, en mens kan dieselfde stuk papier gebruik vir al drie lae.

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5