Your Recipe Blog

RAMSKOP SKONS

Recipe by
Cook: 15 min. | Servings: 22 - 24

RAMSKOP SKONS

Probeer hom gerus… dis ‘n wenner EN dit vries uitstekend.
Ek het jare terug ‘n koffie shoppe gehad en het “crushed pineapple” blikke gebruik om uit te druk, maw groot.
Dan onmiddelik as dit afgekoel (nie koud nie) is, het ek een-een in gladwrap toegedraai en gevries. Dan op versoek uitgehaal en 30 sekondes op “hoog” in die wrap gemikrogolf, bietjie laat staan en dan bedien. Almal het resep gevra en gekry.

  • Sif saam:
  • 1 kg bruismeel
  • 4 teelepels bakpoeier
  • 8 ml sout
  • Meng saam in ‘n aparte beker:
  • 4 groot eiers, geklits
  • 200 ml kookolie
  • 2 koppies maas / Amazi / karringmelk
  • Smeersel:
  • eiergeel
  • melk

Meng die nat bestanddele en voeg by die droë bestanddele en sny in met sterk stomp punt mes.
Knie lekker saam. Druk uit op meelbestrooide oppervlak en druk af.
Plaas op gespuite bakplaat.
Smeer met eiergeel en melk. Maak toe en sit eenkant tot oond warm is.
Skakel oond nou op 220ºC aan en sodra warm, draai af na 200ºC en bak skons vir 15 min.
Laat op koelrak tot net koud, draai toe met kleefplastiek en vries.
Wanneer benodig plaas in mikro vir 30 sekondes op hoog.
Laat staan vir nog 30 sekondes en bedien.

Nota van Astrid Van Vliet Basson:
Die resep het ek bitter baie gebak vir Ramskop Natuur tuin. Ons Kleuterland speel groep het baie jare net die scones en tee verkoop. Ek bak dit nou vir die Engelse hier in London en hulle geniet dit so… Maar natuurlik met clotted cream, fresh strawberries and strawberry jam. Ek gebruik karringmelk hier. Ohhhh hulle love dit. It’s a flop proof recipe and so easy to make. Xxxxx

Resep en foto 2: Ilze Zimmerman Burger

Foto 1: Elsabie Templeton‎
Lockdown day #178🇿🇦 Buttermilk Scones with homemade tomato jam and cream💕 for dinner.
I used this recipe on the blog and it’s perfect! I made half the recipe and got 12 medium scones plus the in between cutoffs which I always bake. The egg just gives a very dark top so next time I will only use milk and a bit of sugar.

Foto 3:  Elize de Kock
Ek het gisteraand ‘n halwe resep gemaak, 17 mooi groot skons gekry dit is heerlik, maklik en so gou, Dankie vir die resep. Ek het nie bruismeel gehad nie, het 3.75 ml  koekmeel gebruik,  4 opgehoopte teelepels bakpoeier , 1 teelepel koeksoda en een 1 eetlepel asyn gebruik.  Dit is op die halwe resep.

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5