Your Recipe Blog

“RAISED PORK PIE” – VARKVLEIS PASTEI

“RAISED PORK PIE” – VARKVLEIS PASTEI

  • Kors:
  • 100 g uitgebraaide varkvet
  • 100 g botter
  • 200 ml warm water
  • 500 g koekmeel
  • sout

Smelt botter en vet en voeg sout by. Voeg warm water by die gesmelte mengsel. Roer dan die meel by en roer goed tot dit ‘n deegbol vorm. Laat effe afkoel, rol uit en voer ‘n losboompan daarmee uit (strooi eers met meel). Hou genoeg deeg oor om pastei te bedek. Wees versigtig dat die deeg nie te veel afkoel nie, anders word dit te hard om mee te werk. As die deeg te hard word, maak weer effe warm.

  • Vulsel:
  • 1 gepekelde eisbein
  • So 4 vark skouer tjops
  • paar salie en lourier blare
  • knypie foelie (mace)
  • paar wonderpeperkorrels (piment)
  • 500 g gemaalde varkvleis (hou eenkant tot nodig)

Kook die eisbein en varktjops saam met die kruie en speserye, tot sag. Verwyder die vel en been. Dreineer die aftreksel deur ‘n sif en hou eenkant. Vlok die vleis fyn.
Vul die uitgevoerde pan met die gevlokte eisbein en rou gemaalde varkvleis in alternatiewe lae. Plaas die uitgerolde deeg bo-oor die vulsel. Knyp die kante en maak ‘n gaatjie in die middel.
Glaseer met ‘n geklitste eier.

Bak die pastei vir so ‘n uur in die oond teen 180 ºC. Sodra jy die pastei uithaal, vul die gaatjie met die eisbeinaftreksel. Laat die pastei afkoel en ontvorm. Bedien in skywe (lekker vir ‘n piekniek) of as ‘n voorgereg. Dit is ook heerlik koud saam met ‘n slaai.

Resep en foto: Martie Fourie Moolman

Leave a Review

Your email address will not be published.

*

1 2 3 4 5