Your Recipe Blog

PRONUTRO BESKUIT

PRONUTRO BESKUIT

  • 1,75 kg bruismeel
  • 2 koppies suiker
  • 2 teelepels bakpoeier
  • 4 eiers
  • sout
  • 450 g margarien
  • 2/3  koppie olie (twee derde)
  • 2 koppies Pronutro
  • 2 koppies karringmelk (of meer, voeg maar by tot jou deeg reg is)

Sif droë bestanddele saam.
Vryf smeer in meel in dat dit lyk soos broodkrummels.
Voeg suiker en Pronutro by.
Klits eiers, olie en karringmelk saam. Meng goed met meelmengsel.
Bak by 160 ºC vir 1 uur (ek het bak tyd verminder vir beskuitpanne) of tot gaar.

Resep en foto:  Petro Kloppers

Category:

One Review

  1. Lüdia Swart

    Lyk heerlik, gaan beslis probeer.

    Star

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5