Your Recipe Blog

PORTUGESE BROOD

by Your Recipe Blog

PORTUGESE BROOD

So 15 jaar gelede het ons bure gehad, ma was Portugees en pa Suid-Afrikaans, (die jongste dogter Roxy Wardman) het so 2014 master chef SA gewen). Ma Zee het ons geleer hoe om Portugese brood te bak.

  • 250 g patats, gekook en fyngemaak
  • 1 kg witbroodmeel
  • 10 g kitsgis
  • 80 ml suiker
  • 7 ml sout
  • 150 g botter/ margarien
  • 3 eiers, geklits
  • ± 400 ml louwarm melk

Sif meel, sout, suiker en gis saam.
Frummel die botter daarin.
Meng die eiers en patats en voeg saam met melk by droë bestanddele.
Knie tot sagte elastiese deeg.
Plaas in groot gesmeerde houer, bedek en laat op warm plek rys tot dubbel oorspronklike grootte.
Knie af en plaas in broodpan en bak in 200° in  oond vir 45 tot 60 min. Toets kort-kort tot gaar.

Ek het vandag direk in die slow cooker se bak gebak op high vir so 2 ½ uur. Sodra gaar, sit oor in oondbak en grill sowat 5 min net om te verbruin. Haal uit en strooi bietjie koekmeel bo-oor.

Jy kan ook stukke uitrol in sirkels, sny wiggies soos fiets wiel en rol elkeen van breedste kant op na punt en bak dan vir so 20 min in oond.
Ek maak sommer ‘n klomp en vries, ek bak soos nodig.

Resep en foto’s: Annetjie van Huyssteen

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5