Your Recipe Blog

POMPERNIKEL BROOD TERRIEN (PUMPERNICKEL)

by Your Recipe Blog

Rina Kleinhans
Posted by
oornag
| Servings: 8 - 10 porsies

POMPERNIKEL BROOD TERRIEN (PUMPERNICKEL)

  • 2 pakke pompernikkelbrood of vervang deur twee dae oue growwe brood
  • sagte botter om brood mee te smeer
  • 12 skyfies ham
  • 30 ml korrelmosterd
  • 12 skyfies gruyere of gouda kaas
  • geroosterde rooi soetrissies
  • basielblare
  • Vulsel:
  • 2 bakkies van 250 g elk maaskaas
  • 1 groot koffelhuisie fyngemaak met sout
  • 125 ml gesnipperde grasuie
  • 75 ml gekapte piersielie of basiel kruid
  • sout en peper na smaak
  • bietjie tabasco
  • 100 g geroosterde amandelflokkies

Meng die vulsel bestanddele behalwe die neute en proe vir geur.
Hou bietjie eenkant om later oor die terrien te smeer.

Smeer brood met botter en bedek met skyfies ham, met korrelmosterd gesmeer en kaas skywe.
Fasoneer ham en kaas en soetrissies soos nodig.
Rangskik om die beurt met maaskaas vulsel in gesmeerde broodpannetjie of terrienvorm.
Bedek met foelie, plaas ‘n stuk karton met gewig soos ingemaakte vrugte daarop.
Laat staan oornag in die yskas.
Keer uit, smeer res van vulsel en neute bo-oor.
Hou in yskas tot benodig,
Sny in dun skyfies en bedien met bros groenslaai.

Foto en resep: Martie Fourie Moolman

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5