Your Recipe Blog

PIZZADEEG OM TE VRIES

Recipe by
| Servings: 9 Mini Pizzas

PIZZADEEG OM TE VRIES

Jy kan enige pizza deeg resep gebruik hiervoor. Ek kry 9 mini pizzas uit die resep, so ek verdubbel dit gewoonlik en maak 18 op ‘n slag.
Ek gebruik die volgende resep:

  • Deeg:
  • 800 g broodmeel
  • 500 ml koue water
  • 3½ g kitsgis
  • 16 g sout
  • 8 g suiker
  • 15 ml olyfolie
  • Ekstra:
  • tamatiepasta
  • pizza vulsel van jou keuse
  • kaas van jou keuse

Meng al die bestanddele en knie tot ‘n gladde deeg. Bedek en laat rys tot verdubbel in grootte, minimum 1 uur, of tot 3 dae in die yskas.

Vorm jou pizza basisse en bak in die oond, op die warmste hitte, vir 5 minute. Laat die pizza’s afkoel op draad rakkies.
Sit die tamatiepasta en ander bestanddele op die afgekoelde basisse en vries onbedek op ‘n bakplaat vir sowat 30 minute.
Haal die pizza’z uit die vrieskas, draai elke een apart toe in kleefplastiek en dan in foelie.
As jy dit toedraai en dan vries, neig die kaas om vas te sit aan die plastiek.

Wanneer wil gebruik:
Haal uit die vrieskas, verwyder die verpakking en ek bak myne 12 minute in die lugbraaier (air fryer) op maksimum hitte.

Nota:
My man hou van baie eenvoudige pizza, so ek sit net tamatiepasta, pepperoni/salami en gerasperde kaas op wanneer ek dit vries. Mens kan dan ekstra goed bysit voordat dit in die lugbraaier in gaan, soos olywe, pynappel en rissies.

Resep en foto’s: Amanda Cook

Leave a Review

Your email address will not be published.

*

1 2 3 4 5