Your Recipe Blog

PETRO SE GRANOLA

by Your Recipe Blog

PETRO SE GRANOLA

My eie sameflansing van baie resepte.

  • 3 koppies Oats – ek verkies die weergawe wat sê “large flakes”
  • 3 eetlepels bruinsuiker – die soort wat lyk of dit wil rondloop
  • 1/2 teelepel kaneel
  • 1/4 teelepel sout
  • 1/3 koppie heuning
  • 1/4 koppie olie
  • 1 teelepel vanilla

Meng goed, sprei uit op bak plate en bak teen 180 ºC in oond tot lig bruin.
Roer elke 15 min om en maak seker dit brand nie. Laat afkoel tot hanteerbaar.

  • Meng die volgende by :
  • 1/2 koppie sade – ek gebruik linseed, pampoen pitte, poppy saad en sesame saad.
  • 1/2 koppie droëvrugte – ek verkies cranberries, sultanas en gedroogte pynappel (wat ek self droog).
  • 1/2 koppie gekapte neute – ek gebruik amandels en kasjoeneute
  • Ek gooi ook ‘n hand vol klapper repe by – dis nie orals te kry nie, maar almal is nie mal oor klapper nie

Wanneer mooi afgekoel, gooi in lugdigte houer en eet oor yoghurt, of meng met ander pappe.
Nota:
‘n Ander opsie – in plaas van die suiker en heuning, gebruik ek konfyt (enige soort) wat nie heeltemal wou set nie. Dit geur die granola lekker en jy benut die flop konfyt.

Resep en foto:  Petro Borchard

Share this article...
Share on Facebook
Facebook
0Pin on Pinterest
Pinterest
0Tweet about this on Twitter
Twitter
Share on LinkedIn
Linkedin

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5