Your Recipe Blog

PETRO SE GEBAKTE ALASKA

by Your Recipe Blog

Rina Kleinhans
Posted by
| Servings: 4 ruim porsies

PETRO SE GEBAKTE ALASKA

Sorg dat jou roomys basis so hard gevries is as wat jy dit kan kry – berei verkieslik die vorige dag voor.
Sit jou oond op sy warmste stelling.  Gebruik die glase of bakkies waarin jy die alaska gaan bedien om die sirkels te sny, en onthou dit moet kan oond toe gaan. Ek het stainless steel glase gebruik.

  • Gekoopte Madeira spons koek in 2 cm skywe gesny
  • roomys van jou keuse –  in 2 cm skywe en druk ook sirkels uit
  • Vrugte coulis van jou keuse(vrugte pulp gemeng met suiker en gekook tot effens verdik) Ek het swart kersies gebruik.
  • Opsioneel: neute, vrugte stukke, koek krummels

Pak die roomys eerste in die glase, gevolg deur coulis, die opsionele items indien gebruik en heel laaste die skyf Madeira koek. Plaas in die vrieskas en vries kliphard.

Net voor jy die poeding wil voorsit, maak die meringue.

  • Meringue:
  • 2 eierwitte
  • 150 g strooisuiker

Gooi strooisuiker in ‘nplat bord, verhit in warm oond tot baie warm, maar nie gesmelt. Klits eierwitte styf, skep die warm strooisuiker lepels gewys in by die eierwitte terwyl jy klits.
Wanneer die mengsel ‘n blink skynsel het, is dit gereed.

Doop die gevriesde houers  met roomys in kookwater vir paar sekondes en gly die inhoud uit op oondvaste bakplaat. Sorg dat daar minstens 1 cm tussen elke poeding is. Bedek elkeen met ‘n laag meringue (omtrent 1 cm dik), sorg dat daar geen stukkie is wat nie bedek is nie. Maak punte met ‘n platlem mes sodat die oppervlak ongelyk is.
Sit dadelik in die baie warm oond vir 3 – 4 minute tot die meringue net begin verbruin.
Sit dadelik voor met nog coulis.
Nota:
Maak seker die roomys poeding is oral bedek met eierwit anders gaan hy smelt in die oond.

Foto: Petro Borchard

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5