Your Recipe Blog

PETRE SE PIESANG EN TENNISBESKUITJIEROL

by Your Recipe Blog

PETRE SE PIESANG EN TENNISBESKUITJIEROL

Vanmiddag se nagereg.

  • 1 pakkie Tennisbeskuitjies
  • 1 blikkie Peppermint Caramel Treat
  • 1 piesang in dun skyfies gesny en in suurlemoensap gedoop
  • Sjokolade om te smelt

Smeer Tennisbeskuitjies weerskante met peppermint caramel treat.
Sit tussen elke koekie 2 skyfies piesang. Pak weer die koekies opmekaar om ‘n rol te kry.
Smeer res van Peppermint Caramel Treat oor koekies nadat hulle aan mekaar geplak is.
Draai styf toe in kleefplastiek, en sit in vrieskas oornag of vir ‘n paar uur.
Smelt sjokolade en ‘n klein bietjie melk. Meng goed en laat effens afkoel.
Haal koekies uit kleefplastiek, smeer bodem van bord met ‘n bietjie gesmelte sjokolade.
Plaas koekierol bo op en smeer kante en bo-op met gesmelte sjokolade, versier soos verkies.
Sit in yskas en laat rus tot jy wil bedien, begin dan op ‘n skuinshoek sny.

Resep en foto:  Petré van Jaarsveld

Share this article...
Share on Facebook
Facebook
0Pin on Pinterest
Pinterest
0Tweet about this on Twitter
Twitter
Share on LinkedIn
Linkedin

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5