Your Recipe Blog

PETRE SE PEPERSTEAK PASTEIE

Recipe by
Cook: 20 - 30 minute | Servings: 18 - 24 pasteie

PETRE SE PEPERSTEAK PASTEIE

  • 3 kg Goulash in kleiner blokkies gesny (beesvleis)
  • 1 eetlepel grofgemaalde swartpeper
  • ¼ koppie Worcestersous (Lazenby)
  • ¾ koppie water
  • 1 pakkie bruin uiesoppoeier
  • 1 pakkie beesstert soppoeier (ek gebruik net Royco)
  • 5 opgehoopte eetlepels koekmeel
  • ½ teelepel peri-peri
  • bietjie water
  • 4 rolle skilferkorsdeeg
  • geklitsde eier vir verf
  • 18 – 24 klein ronde foelie tertbakkies

Plaas die vleis, swartpeper, Worcestersous en ¾ koppie water in ‘n stoompot en stoom vir 20 minute. (Moet asb nie meer vloeistof byvoeg as wat die resep sê nie, anders gaan jy met ‘n bruin stoof en kombuis sit.)
Meng intussen die soppoeiers, koekmeel en peri-peri met ‘n bietjie water tot ‘n stywe pasta.
Roer die pasta by die vleismengsel in en kook vir 5 minute saam, totdat die sop en meel gaar is en die sous verdik het.
Voeg nog water by indien ‘n slapper vulsel verkies word.
Laat die vulsel afkoel.
Rol die deeg oop en deel dit in 12 ewe groot blokke. Druk of rol 6 van die blokkies uit om in die foelie bakkies en tot oor die rand te pas. Skep die vulsel so ongeveer ¾ vol in die bakkie en smeer eier op die rand.
Druk of rol die ander vierkante uit tot net die groote van die bakkie om die vulsel te bedek, neem die agterkant van ‘n mes en krap of sny die rand gelyk met die bakkie.(Ek het ‘n wielletjie met n riffelrand wat ek in die rondte om stoot.)
Verf die geklitsde eier bo op die deeg, plaas die bakkies op ‘n bakplaat en bak die tertjies in ‘n voorverhitte oond teen 180°C tot goudbruin.

Nota:
1 rolletjie skilferkorsdeeg maak 6 pasteitjies. Hierdie vulsel is genoeg vir 18 – 24 tertjies.

Resep en foto: Petré Van Jaarsveld

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5