Your Recipe Blog

PETRE SE GESONDHEIDSBESKUIT

Recipe by
Cook: 45 min

PETRE SE GESONDHEIDSBESKUIT

  • 500 g margarien
  • 2 koppies melk/karringmelk
  • 1 koppie klapper
  • 2 ½ koppies bruinsuiker
  • 1 kg bruismeel
  • 1 koppie semels
  • 1 koppie sonneblompitte
  • 20 ml bakpoeier
  • 5 ml sout, afgeskraap

Verhit die margarien, karringmelk, klapper en bruinsuiker saam tot gesmelt.
Meng die res van die droë bestanddele goed saam en voeg die margarienmengsel by. Meng goed.
Druk uit in beskuitpan en bak teen 160°C vir 45 minute.

Mikrogolf opsie:
Kan ook in die mikrogolfoond gemaak word.
Spuit 3 x 2 liter roomysbakke, deel deeg in 3, druk vas in roomysbakke.
Mikrogolf op hoog vir 10 minute, keer dadelik uit en sny in vingers. Laat afkoel, droog uit in oond.

Nota:
Mens kan ook die melk vervang met vars lemoensap en van die lemoenskil in rasper.

Resep en 2de foto: Petré van Jaarsveld
Foto: Jenny van der Westhuizen

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5