Your Recipe Blog

PERI-PERI SOUS

Recipe by
| Servings: 600 ml

PERI-PERI SOUS

Hier is die resultaat van daai pak chillies van gister. Twee bottels (Sterk en matig) Peri-Peri sous vir marinade ens. Ideaal vir daai peri peri Portugeuse hoender. Hierdie kan jy proe, die ware jacob gebaseer op Jan Braai se resep met ekstra klomp chillies vir die hitte.

  • 3 eetlepels gekerfde knoffel
  • 125 ml rooiwynasyn
  • 125 ml suurlemoensap
  • 125 ml olyfolie
  • 125 ml water
  • 50 ml paprikapoeier
  • 50 ml rissiepoeier
  • 50 ml sout (begin net 25 ml indien jy dit vir marinade gaan gebruik)
  • 10 habenero rissies
  • 6 rooi rissies

Meng alles goed in ‘n versapper, stoor in voorbereide bottels mt deksels.
Gebruik eers na 3 dae. Proe en pas aan na smaak.

Nota:
Die hoeveelheid sout lyk baie, maar indien dit vir ‘n marinade gebruik word, is dit nie nodig om sout by die vleis te voeg nie.

Resep:  Pieter Coetzee
Foto: Bernadene Prinsloo

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5