Your Recipe Blog

PEKANEUT CROISSANTS

Avatar photo
Recipe by
Cook: 15 - 20 min.

PEKANEUT CROISSANTS

  • 4 – 6 croissants
  • versiersuiker vir bediening
  • geroosterde pekaneut, vir bediening
  • Stroop:
  • 200 ml water
  • 25 ml bruinsuiker
  • 20 ml kitskoffie
  • Vulsel:
  • 80 g botter
  • 80 g strooisuiker
  • 1 eier
  • 2 ml vanilla geursel of 4 ml rum
  • 100 g pekaneut, fyngekap

Stroop:
Meng die stroop se bestanddele in ‘n kastrol oor ‘n matige hitte.
Roer tot die suiker opgelos is.
Kook vir 5 minute en laat afkoel.

Vulsel:
Meng die botter en suiker tot lig en romerig.
Voeg die eier by en meng goed.
Meng die geursel en pekaneut by.
Voorverhit die oond tot 180°C.
Sny die croissant oop en verf binne en buite met die stroop.
Smeer 2 eetlepels van die vulsel eweredig binne die croissant.
Vou toe en plaas op ‘n gesmeerde bakplaat.
Bak vir 15 – 20 minute of totdat vulsel gaar is.
Verwyder uit die oond en plaas op ‘n afkoelrak.
Bedien warm en besprinkel met versiersuiker en neut.

Resep geplaas deur Jan Salti Viljoen
Foto:  Jan Salti Viljoen

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5