Your Recipe Blog

PASTA MILANO

Avatar photo
Recipe by
| Servings: 2-3 porsies

PASTA MILANO

My twee getroude seuns is die hoofkokke in hul huishoudings. Ons almal is mal oor pasta. Het heelwat Italianers in ons familie. Hierdie resep het Ouboet een aand gemaak. Hy het resep iewers raakgelees.

  • ½ pak tagliatelle of linguinni, gekook
  • 125 g sampioene
  • 2 hoender borsies, in blokkies gesny
  • 125 g songedroogde tamaties, fyner gesnipper
  • vars gekapte pietersielie
  • 250 ml room

Braai hoender tot bruin saam bietjie pietersielie en haal uit die pan.
Braai die knoffel, sampioene en songedroogde tamaties in 2 eetlepels botter in dieselfde pan tot sampioene sag maar ferm en tamaties hul geur vrygestel het.
Voeg room by plus nog ‘n eetlepel botter en res van pietersielie.
Meng met die gaar pasta.
Voeg deurentyd sout en peper by na smaak.
Bedien en geniet.

Nota:
Seker so genoeg vir 2 – 3 porsies. (My seuns is gesonde eters so dan is dit nie so baie nie).

Resep en foto: Lorraine Weitz Brand

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5