Your Recipe Blog

PAPRIKA HOENDERLEWERS MET SPEK EN SAMPIOENE

Recipe by
Cook: Ongeveer 30 minute

PAPRIKA HOENDERLEWERS MET SPEK EN SAMPIOENE

Iets lekker vir ‘n vinnige naweek middagete op ‘n yskoue dag.  Ons het dit saam met ‘n low carb bun geëet, maar enige lekker vars brood (as jy nie keto/low carb is nie) en botter is heerlik hierby.

  • 20 ml olyfolie of botter
  • ½ rooi ui, gekap
  • 2 repe spek, gekap
  • 400 – 500 g hoenderlewer, gekap
  • 6 – 7 sampioene, in skyfies gesny
  • 2 teelepels paprika
  • 1 eetlepel sriracha
  • 2 teelepels asyn
  • 1 eetlepel versoeter na smaak
  • 3 eetlepels suurroom
  • sout en peper
  • 2 eetlepels vars gekapte pietersielie

Braai die uie en spek in die olie of botter tot gaar (omtrent 10 minute). Voeg die lewer en sampioene by en braai nog 5 minute. Voeg die res van die bestanddele by en prut nog 10 – 15 minute.
Bedien saam met vars brood (keto of gewoon) van jou keuse.

Resep en foto: Ilze Jacobs

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5