Your Recipe Blog

PAP MET ‘N KINKEL

PAP MET ‘N KINKEL

  • Gaar redelike slap mieliepap genoeg vir ‘n laag in jou oondbak.
  • Wors vulsel:
  • 1 ui fyn gesny
  • 1 soet groenrissie fyn gesny
  • 1 kg wors in wiele gesny
  •  1 klein blikkie chakalaka medium
  • 1 klein blikkie sousboontjies
  • 2 eiers geklits
  • sout, peper en kruie na smaak
  • Genoeg gerasperde kaas vir bo-oor

Braai uie en groen soetrissie en sit die wors stukkies by, braai saam tot die wors gaar is.
Meng res van die bestanddele buiten die eiers, en meng in by die worsmengsel.
Laat goed afkoel en sit 2 rou geklitste eiers by.
Pap moet redelik slap wees, sit sout, peper, botter en kruie by die pap na smaak.
Skep die worsmengsel onder in die oondbak en die pap bo-op, strooi met kaas,
Bak vir so 40 minute in die oond teen 180ºC
Nota:
Dis heerlik en glad nie sterk nie.
Na die worsmengsel kan jy suikermielies ook oor sit vir ‘n variasie.

Resep en Foto: Monica Hough

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5