Your Recipe Blog

OUMA SE GEMMERKOEKIES

Recipe by
Cook: 10 + 10 min.

OUMA SE GEMMERKOEKIES

  • Stroop mengsel:
  • 500 g botter
  • 500 g stroop, (nie kook nie)
  • 3 ½ teelepels koeksoda
  • 2 eetlepels lou water
  • 5 koppies geelsuiker
  • 6 groot eiers
  • Droë mengsel:
  • 12 koppies meel
  • 1 teelepel sout
  • 3 ½ teelepels kremetart
  • 150 ml fyn gemmer

Smelt die botter en stroop saam, nie kook nie. As dit gesmelt is, haal van stoof af en voeg die koeksoda opgelos in die lou water by.
Klits dan die geelsuiker in die stroop mengsel in.
Klits die eiers bietjie en voeg by stroop mengsel.
Klits nou alles saam.
Voeg al die droë bestanddele bymekaar en meng met die stroopmengsel.
Laat dit staan vir ± 3 uur, rol in balletjies van so 16 gram, druk effens met die duim en bak  teen 180ºC vir 10 min en draai dan weer 10 min.

Moeder se resep, foto: Alta Gunter Van Dyk

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5