Your Recipe Blog

OUDTYDSE HERTZOGGIES

Recipe by
Cook: 15 - 20 minute | Servings: ongeveer 60 koekies

OUDTYDSE HERTZOGGIES

  • Deeg:
  • 3 koppies koekmeel
  • 1 koppie mielieblom (maizena)
  • sout
  • 1 teelepel bakpoeier
  • 1 koppie strooisuiker
  • 250 g margarien
  • 2 eiers
  • 3 eetlepels water
  • Meringue bo-laag:
  • 4 eierwitte
  • 1 koppie strooisuiker
  • 5 ml vanilla geursel
  • 2 ½ koppies klapper
  • 125 ml fyn appelkooskonfyt

Stel oond op 180°C.
Sif droë bestanddele saam, roer suiker by.
Vryf margarien in tot lyk soos broodkrummels.
Klits eiers en water saam, meng met meelmengsel tot ‘n deeg vorm.
Plaas 30 min in die yskas.
Rol uit in groot genoeg sirkels sodat dit in ‘n kolwyntjiepannetjie pas.
Druk plat in die gespuite pan se holtes.

Bolaag:
Klits eierwitte tot stywepunt staduim en klits suiker geleidelik by, klits goed na elke toevoeging tot dik.
Vou vanilla en klapper by.
Skep 2.5 ml konfyt in elke holte en skep meringuebolaag bo-op tot bedek. Maak seker dit bedek die konfyt goed om te keer dat die konfyt uitkook.
Bak 15 tot 20 min of tot goudbruin.
Haal versigtig uit die pan en laat afkoel op ‘n draadrak.

Foto:  Charlotte van Rensburg‎

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5