Your Recipe Blog

OOP FRANSE BRAAIBROODJIE MET ‘N KINKEL

| Servings: 1

OOP FRANSE BRAAIBROODJIE MET ‘N KINKEL

1 porsie

  • 1 sny brood (van jou keuse)
  • Roomkaas
  • aangemaakte mosterd/soetrissiesous, opsioneel
  • 1 skyfie ham of kouevleis van eie keuse
  • 2 skyfies dungesnyde tamatie, opsioneel
  • Cheddarkaas of Mozzarellakaas, in skywe (genoeg om snytjie brood te bedek)
  • 2 eiers, geklits met geurmiddels na smaak
  • Aromat, groenuiespeserye of smaakmiddels van eie keuse

Smeer die brood aan die een kant met die roomkaas. Plaas ham of kouevleis bo-op. Smeer die mosterd of soetrissiesous oor die vleis, gevolg deur tamatieskyfies, plaas gesnyde kaas bo-op.
Strooi Aromat, groenuiespeserye of speserye oor van keuse oor.
Doop die broodjie se onderkant in die geklitste eier. Plaas die broodjie in ‘n pan met gesmelte botter en olie. Indien daar geklitste eier oor is, drup dit stadig bo-oor die kaas. Braai tot goudbruin en gaar. Dien warm op.

Resep en foto: Elma Brittz-Venter

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5