Your Recipe Blog

OONDGEBRAAIDE LAMSKENKELS

Avatar photo
Recipe by
Cook: 2 ure en 30 min

OONDGEBRAAIDE LAMSKENKELS

Het vanaand ‘n nuwe resep probeer… moet sê dit lyk heerlik en kan nie wag om dit te proe nie!

  • 30 ml olyfolie
  • 4 lamskenkels
  • sout en varsgemaalde peper
  • 1 ui, gekap
  • 3 groot wortels (dik kante in ringe dunner kante net in die helfte gesny)
  • 2 selderystingels, gekap
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 2 takkies vars roosmaryn
  • 1 blik 400 g heel tamaties, opgesny

Verhit oond tot 180º C.
Giet die olyfolie in ‘n diep oondbraaibak.
Sit skenkels in die olie en geur met sout en peper.
Oondbraai vir 1 uur tot bruin. Ek het die uie na die eerste halfuur bygevoeg en lekker saam met skenkel gebraai voordat ek die res van die groente bygevoeg het.
Plaas res van bestanddele in oondbak. Maak toe met tinfoelie en plaas terug in oond.
Oondbraai nog ‘n uur. Haal tinfoelie af en oondbraai nog ‘n uur of totdat vleis heeltemal sag is en byna van die been af been afval.
Bedien met rys en ‘n lekker groen slaai. (myne was na 2 ½ uur gaar)

Foto en resep: Rosemarie Maytham‎

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5