Your Recipe Blog

ONTBYT QUESADILLAS

| Servings: 1 Persoon/porsie

ONTBYT QUESADILLAS

Ek het hierdie resep vandag gemaak en dit was so lekker dat ek dit net moes deel! Behoort epies te wees vir padkos.

  • 2 eiers, geklits met ‘n knypie sout
  • 10 ml olie1 wrap (myne was keto maar sal werk met enige soort)
  • ½ koppie kaas, gerasper
  • 1 teelepel mayonnaise of sous van jou keuse
  • Boerewors/spek/ham/oorskiet vleis/tamatie/ui/pesto of bolaag van jou keuse

Plaas die olie in ‘n nie-kleef pan, en skink die eiermengsel in die pan.
Plaas ‘n deksel bo-oor en maak gaar totdat daar net ‘n klein bietjie loperige eier bo-op is.
Sprinkel ½ van die kaas oor die eier, en plaas die wrap bo-op.
Plaas die deksel op die pan vir 30 tot 60 sekondes.
Keer nou die hele omelet om. Die wrap is nou onder.
Sprinkel die oorblywende kaas oor helfte van die eier, en smeer die mayonnaise oor die ander helfte.
Pak die bolae van jou keuse op en bo-op die gerasperde kaas.
Vou die quesadilla versigtig in die helfte (sodat die deel met die mayonnaise bo-op die bolae rus).
Plaas die deksel op en braai nog 1 minuut.  Haal uit die pan, sny in drie en bedien.

Resep en foto:  Ilze Jacobs

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5