Your Recipe Blog

OEPSIES SONDER SOUS

OEPSIES SONDER SOUS

Dit is ‘n vreeslike lekker “dingetjie” om voor te sit by jou braai. Jy kan ook die kersie met stukkies beeslewer vervang. Hierdie oepsies kan voor die tyd gemaak word en in vakuum verseëlde sakkies gevries word.

  • 10 sosaties stokkies, in water geweek vir ongeveer ‘n half uur (dit maar dat jou stokkies nie so maklik splinter nie)
  • 1 pakkie rooi kersies
  • 2 pakkies repies spek

Rol elke kersie apart in ‘n stukkie repies spek sodat dit heel omgaan.
Ek sny gewoontlik die spek in die helfte deur.
Ryg op elke stokkie ongeveer 5 van hierdie kersies in spek gerol.
Daar kom geen sous of iets oor nie, want die soet van die kersies en die sout van die spek komplimenteer mekaar.
Dit word vir slegs 2 – 3 minute op warm kole gebraai en sit dit dan voor.
As ek kans het dan maak en ‘n paar pakke en vries dit.

Geniet dit.

Idee en foto:  Ida Bouwer

One Review

  1. Serena

    Gaan verseker more probeer!!! Ekt al piesang in spek gerol vd rooster, ook geen sous, heerlik!!!

    Star

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5