Your Recipe Blog

NADIA SE MINI QUICHE

NADIA SE MINI QUICHE 

Ek het die idee op Pinterest gekry.

  • Doppies:
  • Ek het brood gevat, die korsies afgesny en dit plat gerol met ‘n koekroller en dit dan in ‘n muffinpan gesit. Bak dit vir so 3 min. Anders as jy die eiermengsel net so ingooi, gaan die brood die eier opsuig.
  • Eiermengsel:
  • 1 pakkie spek, in blokkies gesny
  • 1 koppie kaas, gerasper
  • 1 prei, gekap
  • sampioene, opgesny
  • 250 ml room
  • 4 eiers
  • sout en peper

Braai die spek, sampioene en preie saam. Laat dit bietjie afkoel.
Meng saam met die kaas, room en eiers. Skep in die brood doppies en bak vir 15 min by 200°C.

Nota:
Ek het sommer ‘n vinnige mengelslaai daarby gemaak.

Resep en foto: Nadia Thölix

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5