Your Recipe Blog

NACHOS

NACHOS

“Ek belowe ek moes seker al die nachos van my 10 keer maak, want dit ís SO lekker! Geniet dit!”

  • 2 pakke soetrissie tortillaskyfies
  • ± 600 g Cheddarkaas, gerasper
  • ± 500 g biefstukrepies, hoenderrepies of maalvleis
  • 226 g Old El Paso thick and chunky mild salsa
  • 6 opgehoopte eetlepels soetrissieroomkaas
  • 250 g Philadelphiakaas
  • 200 g guacamole
  • rissiesous/soetrissiesous, opsioneël

Verhit oond tot 180 °C. Strooi tortillaskyfies in oondpan. Versprei ¾ van gerasperde kaas en gaar repies/vleis bo-oor. Versprei salsa eweredig en ook paar eetlepels soetrissieroomkaas bo-op. Plaas in oond vir 5 – 10 minute sodat kaas goed smelt. Haal uit oond en smeer roomkaas plat. Plaas groot eetlepels philadelphiakaas en res van gerasperde kaas eweredig oor.  Plaas weer in oond vir 5 – 10 minute, sodat kaas goed smelt. Haal uit oond en smeer Philadelphiakaas plat.
Skep vol lepels guacamole oor nachos en smeer plat.
Laastens kan jy ‘n rissiesous/soetrissiesous bo-oor sprinkel vir ‘n skop, MAAR dis lekker net so!

Resep en foto: Corlia van Niekerk

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5