Your Recipe Blog

“MOUSSAKA” MET PAMPOENSKYWE

Avatar photo
Recipe by
Cook: 20 min + 1 uur

“MOUSSAKA” MET PAMPOENSKYWE

Hierdie is ‘n “soort van” Moussaka, want pampoen is nou volop, so dis ook nou sommer in! En ‘n bietjie van ‘n kroek met die witsous, maar dis ‘n vinnige resep as mens min tyd het (of lui is). Ek het hierdie gereg ‘n week gelede gemaak omdat ons vandag trek, so kon dit vanaand net in die oond bak (en in ‘n foelie bak vir min skottelgoed!)Baie baie lekker na ‘n laaaaang besige dag van trek.

  • 1 ui, gekap
  • 2 knoffelhuisies, gekap
  • 700 g maalvleis
  • 2 blikke gekapte tamaties
  • ½ teelepel kaneel
  • 1½ teelepel gemengde kruie
  • 1 teelepel suiker
  • sout en peper na smaak
  • 8 skywe pampoen
  • 2 eiervrugte, in die lengte in skywe gesny
  • 3 – 4 eetlepels olyfolie
  • gekoopte witsous, of 2 houertjjes maaskaas gemeng met ‘n eier
  • 1 koppie gerasperde kaas

Braai ui en knoffel in olie tot sag. Voeg maalvleis by en braai 5 min.
Voeg die tamaties, sout, peper, gemengde kruie, kaneel en suiker by en prut 15 min.
Rooster skywe eiervrug en pampoen in die oond met olie, sout en peper bo-oor by 220ºC vir 20 – 25 min.
Pak lae groente en maalvleis in ‘n oondbak, gooi witsous/maaskaasmengsel bo-oor, bedek met kaas en bak 1 uur by 180ºC.

Resep en foto: Ilze Garbers Jacobs

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5