Your Recipe Blog

MOSSELS MET ROOM, KNOFFEL EN KAASSOUS

MOSSELS MET ROOM, KNOFFEL EN KAASSOUS

  • mossels
  • witwyn
  • Sous:
  • ½ gekapte ui
  • 3 knoffelhuisies, fyngekap
  • 2 sprietuie, gekap
  • grasuie, gekap (chives)
  • 250 ml room
  • 1 koppie gerasperde kaas
  • melk
  • sout
  • suurlemoenpeper
  • Aromat na smaak

Stoom mossels in witwyn vir ± 5 minute.

Braai uie, knoffel, sprietuie en grasuie in bietjie olyfolie.
Voeg die room by en prut liggies vir 5 minute.
Roer kaas by tot gesmelt.
Jy kan nog room of melk bysit na gelang van jou smaak en hoeveelheid sous benodig.
Meng al die geur middels en speserye by na smaak. (jy kan ook rooipeper bysit vir byt).
Voeg die gestoomde mossels (gedrein) by die sous en prut nog so 2 minute.
Bedien met ‘n vars portugeuse broodjie.

Resep en fotos: Sean O’Brien

Leave a Review

Your email address will not be published.

*

1 2 3 4 5