Your Recipe Blog

“MONKEYGLAND” BIEFSTUK IN DIE DRUKKOKER

Cook: 35 minute

“MONKEYGLAND” BIEFSTUK IN DIE DRUKKOKER

Tenderized monkeygland steak in die elekriese drukkoker/Instant pot. Vinnig en bitter lekker!

  • 20 ml olyfolie
  • 700 – 800 g saggemaakte biefstuk (tenderized steak)
  • vleisspeserye en peper, na smaak
  • 1 medium ui, in ringe gesny
  • 2 eetlepels tamatiepasta
  • 250 ml bier of biefaftreksel
  • 4 eetlepels blatjang
  • 2 eetelepels Worcestershiresous
  • 1 eetlepel balsamiese asyn
  • 2 teelepels versoeter van eie keuse

Strooi die geurmiddels oor die biefstuk en braai ‘n paar stukke per keer in die olie tot alkant bruin. Plaas die vleis in die drukkoker/Instant pot en voeg die res van die bestanddele by. Kook op hoë druk vir 35 minute.
Laat pot vanself al die stoom afblaas en bedien die vleis daarna soos verkies.

Notas:
Ek het ‘n low carb bier gebruik.
Ek het my eie ketoblatjang gebruik, maar enige soort van eie keuse blatjang kan gebruik word.

Foto en resep: Ilze Jacobs

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5