Your Recipe Blog

MEV VERWOERD SE GUNSTELING POEDING-KONINGINS POEDING

by Your Recipe Blog

MEV VERWOERD SE GUNSTELING POEDING-KONINGINS POEDING

  • 3 koppies warm melk
  • 1 koppie suiker
  • 1 koppie broodkrummels
  • 3 ryp piesangs
  • knippie sout
  • 4 eiers
  • geursel
  • 2 eetlepels appelkooskonfyt
  • 3/4 koppie suiker vir eierwitte

Skei die 2 eiers, meng die gele en 2 heel eiers met die warm melk, suiker, krummels, geursel, sout en fyngedrukte piesangs.
Skep beslag in ‘n gespuite oondbak.
Bak in ‘n matige oond totdat dit styf is. (180 ºC)
Haal uit die oond wanneer gestol en smeer die konfyt oor.
Klits die eierwitte van 2 eiers styf en voeg die 3/4 koppie suiker geleidelik by terwyl jy klits.
Skep bo-op die konfyt en bak weer bruin in ‘n matige oond.
Bedien as ‘n nagereg of ‘n tert

Koningin’s Poeding soos verskyn in ‘n baie ou tydskrif:
Neem 1 lb broodkrummels ( 450 gram), meng met die geel van 4 eiers, 3 eetlepels wit suiker, 1/2 koppie melk en 15 druppels lemoen essense, goed meng, bak dit in ‘n skottel mooi ligbruin, haal dit uit en sit op die poeding mooi ligte marmalade, klop dan die wit van die 4 eiers tot skuim en sit dit op die marmalade, sit die poeding weer in die oond totdat dit styf is, dit moet nie bruin wees nie, laat die deur van die oond liewers oop staan as jy die poeding weer insit om styf te word …

FOTO: Petré Van Jaarsveld

Share this article...
Share on Facebook
Facebook
0Pin on Pinterest
Pinterest
0Tweet about this on Twitter
Twitter
Share on LinkedIn
Linkedin

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5