Your Recipe Blog

METTIE SE SOETKOEKIES

Recipe by
Cook: 10-15 minute

METTIE SE SOETKOEKIES

  • 750 g botter
  • 2 koppies suiker
  • 1 teelepel vanilla geursel
  • 2 klein eiers
  • 7 koppies koekmeel
  • knippie sout
  • 2 teelepels koeksoda
  • 4 teelepels kremetart
  • sjokolade

Voorverhit die oond tot 180ºC.
Meng botter, suiker en en vanilla geursel saam.
Klits eiers, voeg by die bottermengsel en meng goed.
Sif die droë bestanddele saam en meng goed met die bottermengsel.
Laat die deeg rus in die yskas, rol balletjies en plaas op ‘n voorafgesmeerde bakplat.
Die koekies kan effens plat gedruk word – net nie te baie nie.
Bak vir 10 – 15 minute, pak op afkoelrakkies en laat heeltemal afkoel.
Doop in gesmelte sjokolade.

Nota:
Die resep is ook geskik om ‘n koekiedrukker te gebruik.

Resep en foto:  Mettie Moolman

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5