Your Recipe Blog

MAROG TERT

MAROG TERT

  • Kors:
  • 1 houer suurroom
  • 250 g botter
  • 1 teelepel sout
  • 3 koppies koekmeel

Vryf botter in die gesifte meel en sout. Meng met suurroom. Plaas in yskas vir ongeveer 30 min, rol uit  op voorbereide oppervlak en voer tert panne of oondbak uit.

  • Vulsel:
  • 1 pakkie bruin of wit uiesoppoeier
  • 500 g marog
  • 1 ui, gekap
  • 1 pakkie spek, gekap
  • 10 ml olie
  • 3 geklitste eiers
  • 250 ml gerasperde Cheddar
  • 250 g maaskaas
  • sout, peper en mosterd na smaak

Meng die soppoeier en laat staan 15 min.
Was marog en plaas in groot kastrol met water.
Sit deksel op en stoom oor matige hitte net tot sag. Haal uit en laat afkoel, druk oortollige water uit en sny baie fyn.
Sorteer ui en spek in olie en meng met marog.
Voeg eiers, maaskaas, sout, peper, mosterd en 2/3 van cheddar by sopmengsel.
Meng die eiermengsel met die marog, uie en spekmengsel.
Skep in rou korse en strooi ekstra Cheddar oor.
Bak 35 tot 40 minute teen 180 ºC tot gaar en mooi bruin.

Resep en foto:  Hendrik Markgraaff

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5